
Die afgelope 21 jaar lank bemagtig Igna Klynsmith luisteraars deur sy RSG-program Regsake met kundige raad en praktiese insig oor regsake wat elkeen raak. Na aanleiding van die groot reaksie op sy program het hy en sy spesialisgaste ’n bruikbare bundel saamgestel wat praktiese regsadvies bied. Dit bevat ’n keur uit regsake van algemene belang asook hofsake wat die wêreld laat regop sit het. Wat sê die prokureur? wil jou as leser bemagtig met deskundige advies sodat jy ingelig is en weet waar om hulp te kry. Igna bring jou selfs tot binne die hofsale waar opspraakwekkende sake afspeel: gifmoordenaresse, Nuremberg, Nelson Mandela en Rivonia, ’n hofsaak teen kewers …
Dit is min dat ’n mens so ’n bundel teëkom waarin kenners saamspan om die Reg vir jou verstaanbaar te maak, maar sonder om tegniese kundigheid in te boet.
Regsake 3 Desember 2018
Waldette Grey gesels oor verskeie aspekte van die skuldinvorderingsproses.
Regsake 10 Desember 2018
Waldette Grey gesels verder met Ian Wessels en Igna Klynsmith oor skuldinvordering.
Regsake 5 November 2018
Boedelspesialis Volker Kruger sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith
Regsake 12 November 2018
Volker Kruger beantwoord vrae oor boedels en testamente.
Regsake 19 November 2018
Volker Kruger beantwoord rskeie vrae oor kommersiële reg.
Regsake 26 November 2018
Volker Kruger sluit vir oulaas by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om vrae oor die kommersiële reg te beantwoord.