Ja. Dit word ‘n lewende testament genoem. In ons reg is aktiewe genadedood onregmatig, maar nie passiewe genadedood nie. Die oorlede se testament maak dus die besluit vir die mediese dokter en die familie om passiewe genadedood toe te pas makliker. Dit kan uiteraard baie trauma en mediese kostes verhoed.
Mense, wat lewende testament teken, glo dus dat dit sinneloos is om deur masjiene aan die lewe gehou te word waar jy breindood is en daar geen hoop hoegenaamd is nie dat jy gaan herstel.
Volker Krüger
U kan ‘n testamentinstruksievel hier voltoi: Testament Instruksievel / Will Instruction Sheet