Nee. Die Wet skep ‘n vermoede dat die geskeide oorledene sy voormalige gade sou wou onterf, welke vermoede vir ‘n tydperk van drie maande na die egskeidingsbevel geld. Die testament word dus uitgelê op die basis dat almal daarin benoem erf, behalwe die voormalige gade. Na die verstryking van die drie maande sou sy dan weer kan erf indien die testament nie intussen verander word nie.